welkom by die seehuisie

Lieflike selfsorg vakansiewoonstel in Manaba op die Suidkus bespreking versoek

hier is dit lekker by die see!

Hierdie pragtige selfsorg vakansiewoonstel bied een van die beste see-uitsig in Manaba!

Stapafstand van die getypoele en swemstrand, Lucien Beach.

Gerieflik ingerig vir 'n gesin van 5 met 2 slaapkamers en 2 badkamers.

Die SeeHuisie is gerieflik geleë in die Bonamic woonstelkompleks met gratis en veilige parkering.

Naby aan vele geriewe soos apteke, droogskoonmakers, winkelsentrums en restaurante.

Geniet die lieflike see-uitsig vanaf die uitstap, onderdak balkon, toegerus met 'n ingeboude braai, tafel en stoele waar almal sommer heerlik kan kuier.

Die tenvolle toegeruste kombuis bied 'n ys-/vrieskas, mikrogolfoond, stoof met oond, ketel, koffiemasjien, broodrooster en oorgenoeg kombuisware vir 'n gemaklike webreuk.

member

Kom lê op die strand, slenter langs die see, ry die branders of sit sommer net gemaklik agteroor en geniet die ongelooflike uitsig vanaf die woonstel. Anders, verken die verskeidenheid van besienswaardighede en aktiwiteite in die omgeweng.

Kontak ons

Geriewe

Ten volle ingerig vir gemaklike verblyf

Twee slaapkamers & badkamers

Gerieflik ingerig vir 'n gesin van 5

Ingeboude braai op onderdak balkon

Pragtige see-uitsig met 'n ruim tafel en stoele

barista masjien en koffiemeul

Bring jou eie bone en brou 'n heerlike koppie koffie!

Toegeruste kombuis met eiland en stoele

Ys-/vrieskas, mikrogolfoond, ketel, stoof met oond, broodrooster.

Foto's

Kom skop jou skoene uit hier by die SeeHuisie!

meer oor die seehuisie

icon1
Aktiwiteite om te doen

Lake Eland(Oribi Gorge): Zipline, X-Treme Tours, 4x4 en staproetes.
McBanana: Dieretuin, Zipline en Restaurante.
Pure Venom Reptiel Park, Beaver Creek Koffie plaas, Wild Coast Sun Waterpark, Ramsgate Wafflehouse, Riverbend Krokodil plaas, Dino Park SA, Southbroom- en Margate Gholfbane, Flieks by Shelly Beach Centre, bekende strande en restaurante.

icon2
Slaap- en Badkamers

Beide slaapkamers in die woonstel bied 'n pragtige see-uitsig. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n koningingrootte-bed, ruim ingeboudekaste, 'n wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer bied 'n dubbelbed, sowel as 'n gestapelde enkelbed met ruim ingeboude kaste. By die lessenaar kan jy gemaklik werk terwyl jy oor die see kyk. In die gang is daar twee badkamers, een met 'n stort en toilet en dan 'n badkamer met 'n bad en wasbak.

icon2
kombuis en woonkamer

Selfs in die kombuis kan jy die see sien! Die kombuis is baie gemaklik ingerig met alles wat jy sal benodig vir jou kuier. Ys-/vrieskas, mikrogolfoond, dubbel wasbakke, koffiemasjien, koffiemeule, ketel, broodrooster, toebroodjierooster, wasmasjien en genoeg kombuisware. Die woonkamer bied 'n gemaklike bank en hangstoel met 'n slim-TV. Bring jou eie internet.

Our Clients
Balkon, braaiplek en ander

Hierdie balkon bied die beste see-uitsig by ver! Ontspan en braai lekker by die ruim buitetafel en stoele. Bonamic kompleks bied elektrieseomheining en hek hek vir veiligheid. Privaat parkering vir 'n maksimum van twee voertuie.

Tariewe

Vir pryse en beskikbare datums, kliek op


bespreking versoek

Kontak Ons

Queenstraat 44Manaba Margate Suidkus


083 412 6750

besprekings@seehuisie.co.za